Wednesday, November 24, 2010

God is Liefde

Allah, die god van Islam, het 99 “wonderlike” name wat hom beskryf, maar daar is een oënskynlike beskrywing wat ontbreek aan hierdie klaarblyklike god. Johhannes skryf in sy sendbrief dat “GOD IS LIEFDE”, die naam wat ontbreek aan die god van Islam.  Daar is ‘n pinkster liedtjie wat so gaan “Liefde red my, toe alles wanhopig was red Liefde my.
Paulus skryf aan die Romeine dat niks ons kan skei van die Liefde nie, nie verdrukking, engele, duiwels, hoogte of diepe, ook nie daai geraamte in die kas nie want God weet reeds van hom en ook van die “Red Liefde”. Hy skryf verder dat God het ons nie geroep het tot slawerny van sonde nie, maar tot kindskap, waardeur ons kan roep “ABBA VADER”. Die Boodskap vertaal die gedeelte so “… waar deur ons kan roep, Vader, Liefdevolle Vader.
In 1 Korintiërs 12, beskryf Paulus die gawes van die Gees, en dat dit nuttig is vir die gemeente. Hy gaan voort en beskryf dat die Liggaam van Christus belangrik is en elkeen van ons ‘n intergrale deel van die liggaam is, maar… In 1 Korintiërs 13 skryf hy dat al die wonderlike geheimenis van die voorafgaande gedeelte tot nuut gaan maar die Liefde sal nooit vergaan al gebeur wat. Paulus skryf aan sy pupil Timmoteus dat God ons nie geroep het tot ‘n gees van vreesagtigheid nie maar een van Liefde en selfbeheersing. Die Liefde gee vir ons krag om selfbeheersing toe te pas, en dan kom die res van die Vrug van die Gees, uit hulle self.
Johannes 1:14 verduidelik vir my die mooiste wie hierdie Liefde is, en dat Hy soms deur ons wandel maar ek hom nie altyd herken nie. In sy sendbriewe skryf Johannes “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste Lief gehad het.” As Hy ons nie getrek het nie sou ons hom nooit liefgehad het nie. Johannes 3:16 & 17 skry Johannes “Want so Lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enig gebore seun gegee het sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige lewe mag hê, want hy het nie gekom om te oordeel maar die verlore gaande wêreld te red.”
Ek weet een ding verseker dat ek meer as ‘n oorwinaar is deur Christus, wat my die Krag gee, ek wil graag die Woord Christus met liefde vervang, want Hy is die Personifikasie van liefde en in my opinie beskryf Paulus Christus in  1 Korintiërs 13, want uit sy liefde is hy nooi Opgeblase, Jaloers, Soek hy nie die kwaad, Hy hou geen boek van die kwaad nie. Paulus sluit hierdie Hoofstuk af met die  woorde “hiervan bly daar drie oor Geloof; Hoop en Liefde, waar van die grootste liefde is.”.
Op Christus plaas ek deur die geloof my Hoop, maar ek het geloof omdat Hy, my die grooste sondaar van almal, lief het, onverdiend en sonder om iets terug te verwag . “Liefde red my, waarlik Liefde red my.”

1 comment:

  1. Very enlightening and beneficial to someone whose been out of the circuit for a long time.

    aromatherapy

    ReplyDelete